Venter Familiewapen
Venter
Die Venters van Suid-Afrika
Tuis
Stamboom
Venter plekke
Familiewapen
Venter Familiebond
Foto's
Skakels
Kontak
Switch to English
Welkom by Venter.ws
Hierdie blad word opgedra aan al die Venters van Suid-Afrika. Met net een Venter, Heinrich Venter, wat na Suid-Afrika toe gekom het, is al die Venters familie. Teen hierdie tyd al 'n lywige spul en baie wyd verspreid.

Webblad Nuus.

Venter Familiefees! Familiefees Program.

(19-04-2010) Nuutste Venter blog: Blog 16-10(99KB)

(18-04-2010) Webblad besoeke staan nou op byna 4300 sedert Maart 2009.

(18-04-2010) Nuut: 'n Venter kommunikasie webblad vir lekker saam praat.

(15-12-2009) 'n Blye boodskap deur pastoor Jaco Venter: Mielies! Groenmielies! Mielies!!(72KB)

(06-11-2009) Afrikaanse Sertifikaat van registrasie van Venterbond wapen: Wapensertifikaat(97KB)

(19-09-2009) Sertifikaat(805KB) van registrasie van Venterbond se wapen. Slegs die wapen(445KB) gedeelte van die sertifikaat.

(16-09-2009) Opsomming(96KB) van eerste 10 Venterbond blogs.

(16-09-2009) Piet Venter se artikel(148KB) getiteld FAAB’s* oor ‘n SA stamvader en sy voorsate (*‘feite, afleidings, aannames en bespiegelings’) is nou beskikbaar op die stamboom bladsy.

Oorsprong en betekenis van Venter

Wat betref die oorsprong van die van Venter is daar lyk my nie absolute duidelikheid nie.
  • Die oorsprong waarvan ek die meeste hou is die verklaring dat venter "kryger te voet" beteken. Op 'n stadium in die geskiedenis het verskeie vanne hul oorsprong vanaf oorlogsterme verkry. Neem bv. Ruiters(perderuiter). Hierdie oorsprong lei dan ook tot die oorsprong van die woord infanteris, wat voetsoldaat beteken.
  • Venter kan ook smous of straatverkoper beteken, soos die Engelse 'vendor' of 'vender'.
  • Daar is 'n stad in Nederland genaamd Deventer wat ook dalk verband kan hou met die oorsprong van die van.
  • In Suid-Afrika begin dit ook algemeen raak om na 'n sleepwaentjie te verwys as 'n venter soos om die woord cutex te gebruik vir naellak terwyl dit eintlik net 'n sekere maak van naellak of dan nou sleepwaentjies is.
  • 'n Venter kan ook iemand wees wat besig is om sy opinie te gee of 'n spreker. Dit kom van die Engelse 'vent' - om uit te laat.
  • In Dierkunde beteken venter rofweg die maaggedeelte van 'n dier of organisme.
  • In Regswetenskap word venter gebruik om na 'n ongebore kind te verwys. Die kind is 'in venter'.

Vanne dalk verwant aan Venter
  • Deventer
  • Van Deventer
  • Ventre
  • Venters
  • Ventura
  • Fenter
  • Bonaventura

Venters in ander lande
  • Daar is steeds 'n goeie klomp Venters in Duitsland waarvan die SA stamvader afkomstig is.
  • Amerika het heelwat Venters.
  • Argentinië het Venters wat van Suid-Afrika af soontoe getrek het vroeg in die vorige eeu???
  • Deesdae het so baie gesinne, insluitende Venter-gesinne, 'n seun in Australië, 'n dogter in Saudi-Arabië en nog 'n ander seun in Engeland of Kanada of, of,... So die Venters van Suid-Afrika versprei al hoe verder.
Bekende SA Venters

            André Venter                                AJ Venter


            Brendan Venter               Riaan Venter(Mnr DIY)


 FA Venter(Offerland e.a.)              Edith Venter


Eben Venter(Horrelpoot e.a.)              Kosie Venter


Paul C Venter(Arende e.a.)              



Hierdie blad is ontwerp vir IE en 'n skerm resolusie van 1024 x 768
© Venter Familiebond 2009